Die antwoord

‘n Ouer loop in die tuin en tob oor aandete. ‘n Kind loop in die tuin en verkyk haarself aan die vlindertjies.

‘n Ouer bestuur die straat af opad na ‘n vergadering wat al haar aandag verg. ‘n Kind steek haar koppie by die motorruit uit en ruik die lenteblomme in die lug.

‘n Ouer bekommer haar oor die oop vensters wanneer dit reën. ‘n Kind lig haar handjie en voel die koel reëndruppels teen haar vel.

‘n Ouer loop kop onderstebo deur die lewe. ‘n Kind huppel met ogies na die hemel gerig opsoek na voëltjies wat hoog vlieg.

‘n Ouer lees die bybel opsoek na ‘n antwoord. ‘n Kind lees ‘n bybelstorie om te leer van Jesus.

‘n Kind vra: “Het Mamma die vlinders gesien? Het Mamma die lente geruik aankom? Het Mamma die reën gevoel? Het Mamma die voëltjies gesien? Het Mamma geweet dat Jesus dit alles gemaak het?”

‘n Ouer antwoord:” My kind, jy is reg. Dis die antwoord wat ek na opsoek was.”

As ‘n ouer tob oor dinge wat nie sin maak nie, vra ‘n kind om te vertel van Jesus. Daar sal die antwoord gevind word.

2 thoughts on “Die antwoord

  1. Kaedon Reply

    What a betuiaful image you paint. It makes me reminisce about my own childhood – seeing distant cousins every year or so and having great times together. Thank you for reminding me.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

22 + = 29