Vier seisoene taal

vier seisoene

Goudgeel val die blare van jou gesig.

Leë takke staan ope arms en wag.

Bibberend breek die sneeu bedekte gras,

Jou sterke krag laat in die koue nag.

Maar jy laat nie op jou wag.

Oormore wys jou glimlag weer,

‘n bloeisel hier en ‘n vlinder daar.

Voor ons oë skud jy die lewelose koue af…

En onse aarde se sonstrale skyn weer, dag na dag.

 

2 thoughts on “Vier seisoene taal

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

88 + = 98